Soos die jaar einde se kant toe stap begin ons terugkyk na die nuwe tendense wat ons dié jaar besig gehou het ...

En van die grootste veranderinge dié jaar het plaasgevind in ons koop-gewoontes. Met die ekonomie wat ons beursies al hoe meer platdruk het baie interessante koop-gewoontes vlamgevat.

Koop aanlyn

Verby is die tyd wat ons in stampvol winkels ons inkopies moet doen. Ongeveer 3% van Suid-Afrikaners koop nou aanlyn, volgens Louna Lohann, algemene bestuuder van mode, aankope, produksie en kreatiewe ateljee van spee, waarbinne die SARIE-winkel ook lê.

Namate internet-verbindigs verbeter en die koste daarvan daal, gaan al hoe meer mense aanlyn koop. Aanlynwinkels gee ook graag afslag en stel jou dadelik daarvan in kennis.

'Pop-up shops'

En terwyl ons al hoe meer in die kuberrruim koop, verhoog dit die druk op gewone winkels. Kopers soek opwinding, nuwigheid, ’n verrassingselement, skryf SARIE-joernalis Lydia van der Merwe in ons Desember-uitgawe.

Een van dié maniere om winkels interessant te hou is die nuwe tendens om pop-up shops op te stel. Dié winkels is tydelik - net vir ’n paar dae, weke, maande, en dan verdwyn dit weer.

En dit is presies wat JTOne, een van Woolworths se onderklere-reekse, gedoen het. Hulle pop-up shop in die V&A Waterfront in Kaapstad is onlangs opgerig en gaan vir ongeveer 3 maande daar wees, voordat hulle dié interessante winkel oppak en aanbeweeg.

4 8

JTOne is Woolies se jong en vars onderklere en nagklere-reeks. Die oulike reeks bestaan uit kleurvolle items in die somer se mode-kleure. Jy kan ook dié reeks aanlyn aankoop op Woolworths se webtuiste.

DES 2013

Lees meer oor 2013 se grootste trends in die Desember-uitgawe van SARIE.