Vergeet van haardroërs wat jou hare teen ’n spoed met oorverhitte lug verniel. En waaiers wat net die stof in ’n bedompige kamer hersirkuleer. Óf ’n lomp stofsuier wat luidrugtig byna meer vuil as skoon maak.

Al hierdie toestelle is deurdie Britse maatskappy Dyson herbedink, herontwerp en herskep.

’n Span van hul top-ingenieurs het die haardroër, lugverkoeler en stofsuier van die toekoms ontwikkel. Die resultaat is byna onherkenbare, hoogs effektiewe toestelle wat die bestaande manier van dinge doen uitdaag. Wat beteken dit? ’n Droom-geskenk wat jou dié Kersfees gaan wegblaas!

FOTO: Getty Images / Gallo Images
Dyson V8 Absolute™-stofsuier

Dyson Supersonic™-haardroër

Dyson Supersonic™-haardroër
Dyson Supersonic™-haardroër

Sedert die 1960’s het die ontwerp van die haardroër nie veel verander nie. Verlede jaar, ná meer as vier jaar se navorsing en ontwikkeling, het Dyson die bestaande ontwerp op sy kop gekeer met die bekendstelling van hul unieke Dyson Supersonic™-haardroër.

Die Dyson Supersonic™-haardroër se motor is in die handvatsel ingebou vir beter balans en makliker hantering, terwyl die innoverende kopstuk help om lug vinniger en meer gekontroleerd na jou hare te voer. Daarby verseker ’n spesiale temperatuurmeter dat die hitte van die lug wat uitgeblaas word, nooit 150 °C oorskry nie – wat jou hare beskerm.

Kenmerke wat uitstaan: 

* Die Dyson Supersonic™-haardroër is ontwerp om jou hare te beskerm. Die temperatuur word twintig keer per sekonde gemeet en die hitte-element daarvolgens aangepas.

* Die Dyson-ingenieurs het hard gewerk om geraas te minimaliseer. Jy kan selfs vroegoggend hare droogblaas sonder om die res van die huis wakker te maak.

* Die gepatenteerde digitale motor is kragtig maar klein genoeg om in die handvatsel te pas. Dit verbeter die balans van die haardroër.

Beskikbaar by www.dyson.co.za. Vind jou naaste handelaar hier.

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

 Dyson se lugverkoelers en -suiweraars

Dyson Pure Cool™
Dyson Pure Hot + Cool™

Vergeet van die waaiers wat jy jou lewe lank al ken – Dyson maak die lugverkoelers en -suiweraars van die toekoms. Hul reeks bevat geen lemme nie – ’n unieke ontwerp kanaliseer die lug. Die stylvolle Dyson Pure Hot + Cool™ verkoel, verwarm én suiwer lug en word deur die Britse dagblad The Independent bestempel as een van die bestes ter wêreld! 

Danksy slim tegnologie word die lugdruk in die Dyson Pure Hot + Cool™ konstant gehou terwyl die vertrek geruisloos verkoel of verwarm word. Somer en winter kan jy gerus wees dat jy skoon lug inasem – met die temperatuur presies soos jy verkies. Die Dyson-sisteem verwyder boonop byna 99,95% van alle allergene en besoedelende deeltjies in die lug én die ontwerp is strelend op die oog – waarvoor kan ’n mens meer vra?

Kenmerke wat uitstaan:

* Die unieke ontwerp sonder lemme maak die toestel veilig, stabiel en maklik om skoon te maak.

* Die Dyson Cool™-lugverkoeler maak tot 75% minder geraas as sy voorganger. Lugdruk word meer effektief gerig en minimale vibrasie vind plaas.

* Die Dyson Pure™-lugsuiweraar verwyder tot 99,95% van allergene en besoedelende deeltjies in die lug deur middel van ’n slim sisteem.

Beskikbaar by www.dyson.co.za. Vind jou naaste handelaar hier.

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dyson V8 Absolute™-stofsuier

Dyson V8 Absolute™-stofsuier
Dyson V8 Absolute™-stofsuier

’n Stofsuier is nie noodwendig iets wat jou opgewonde maak nie. Maar die supersoniese, koordlose Dyson V8 Absolute™-stofsuier is in ’n klas van sy eie.

Die gepatenteerde digitale motor maak die stofsuier geweldig kragtig, tog is dit steeds klein genoeg om nie swaar te wees nie. Die kop is ook heeltemal nuut ontwerp om selfs mikroskopiese stofdeeltjies effektief op te suig. Stofsuig van die kleinste, verste hoek tot die bokant van kaste en rakke en jou plafon.

Kenmerke wat uitstaan:

* Die Dyson V8 Absolute™-stofsuier is geskik vir alle vloeroppervlakke. Dit suig diep in matte in om alle stof te verwyder en gly moeiteloos oor alle vloeroppervlakke.

* Allergene en besoedelende deeltjies word deur die HEPA™-filter vasgevang en skoner lug uitgeblaas.

* Gooi die opgesuigde stof en vuiligheid in die asblik met ’n enkele aksie.

* Stasie waar die stofsuier en koppelstukke op een plek gebêre en die battery herlaai word.

Beskikbaar by www.dyson.co.za. Vind jou naaste handelaar hier.

Alle Dyson-produkte kom met ’n tweejaarwaarborg. Besoek die webtuiste vir meer inligting.