Maart is amptelik die eerste maand van herfs. En die aanbreek van ’n nuwe seisoen is altyd die perfekte verskoning om jou klerekas op te kikker. Hier is 5 items wat jy móét hê.

Motorfietsbaadjie

Dis die staatmaker-baadjie van verskeie aktrises en modelle soos Rosie Huntington-Whiteley. En dit kan by byna enigiets gedra word.

Leer baadjie, Witchery by Woolworths Leerbaadjie, Witchery by Woolworths

Enkelstewels

Daar is reeds ’n groot verskeidenheid in die winkels, maar met suède as een van die seisoen se groot teksture is dié stewels vir my ’n moet-hê. Verkieslik in taankleur.

Stewels van Mango Stewels van Mango

Klein serpie

’n Klein serpie is heerlik en veelsydig. Bind dit in die oggend om jou nek en wanneer dit later deur die dag warmer word, kan jy dit afhaal en aan jou handsak bind.

Serp van H&M Serp van H&M

Patroonbloes

Veral paisley is 'n goeie keuse vir patrone, want dit werk ook lekker saam met die 70's-trend wat groot is vir die komende winter.

Bloes van Mango Bloes van Mango

Iets met tekstuur

Hierdie bloes met sy fluweeltekstuur is 'n fantastiese kopie. Jy kan dit net so dra of laag op laag saam met 'n langmoutop. En wanneer dit regtig koud is, werk dit bo-oor 'n polonek.

Top van Mango Top van Mango

Kyk hier waar jy dié items kan koop: