Deesdae gaan mode oor selfvertroue, want wat jy dra is immers ’n kreatiewe uitdrukking van jouself. Soms is jy ook, sonder dat jy dit weet, ’n dapper trend-kenner wat vinnig ’n nuwe of "vreemde" trend omarm voordat die res kans sien om die styl te volg!

Hier's 5 tekens dat jy kans sien vir nuwe trends:

#1 Jy dra plat skoene saam met ’n formele rok

Die een wat gesê het plat skoene mag nie saam met ’n formele uitrusting gedra word nie, lewe wraggies in 19-toet!

#2 Jy het die half-ingesteekte hemp onder die knie

Die half-ingesteekte hemp (half-tuck) is nie so maklik soos dit lyk nie, maar as jy dit regkry, lyk dit baie modieus.

#3 Jy stileer jou belt op kreatiewe maniere

Wees kreatief en vou jou belt op ander maniere as die gewone.

#4 Jy doen die laag-op-laag gemaklik

Laag-op-laag is nie so maklik soos wat dit lyk nie, want dit kan gou slonsig lyk.

#5 Blinkers deur die dag

Jy is nie skaam om blinkers deur die dag te dra nie.

A photo posted by *STYLE DU MONDE (@styledumonde) on

Moenie dink jy kan nie soos die oorsese trendsetters aantrek nie; hoe meer selfvertroue en hoe meer kanse jy waag, hoe treffender lyk jy.