Wayne Parnell is ewe bekend vir sy vaardighede met die bal as sy styl. Ja, die Protea-krieketster weet hoe om mooi aan te trek.

En bewys net weer dat mans ook met uitrustings kan eksperimenteer.

Sedert hy met die bekende blogger en stilis Aisha Baker getroud is, deel die twee gereeld modieuse foto’s op sosiale media.

Hier is 5 wenke wat ons by Wayne kan leer:

1. Denim op denim

Dié uitrusting kan vir enige seisoen werk. Dis stylvol en veelsydig.

FOTO Instagram / Wayne Parnell

2. Denim met ’n wit hemp

Nog ’n staatmaker-uitrusting. Dra helderkleurige tekkies om dit op te kikker.

FOTO Instagram / Wayne Parnell

3.  Waag met ’n geruite pak

As jy bietjie wil waag met ’n pak, is dié jou keuse! Dis nou hoogmode en steeds stylvol.

FOTO Instagram / Wayne Parnell

4. Keer terug na jou kinderjare met ’n oorbroek

Dit is ’n groot trend onder mans.

FOTO Instagram / Wayne Parnell

5. ’n Hemp met ’n kortbroek

Dis altyd modern en stylvol. Jy kan nooit ’n fout maak met dié uitrusting nie.

FOTO Instagram / Wayne Parnell