Dink jy aan wat prokureurs gewoonlik dra, kom ’n netjiese swart pakkie dalk eerste by jou op. Maar die 40-jarige internasionale menseregteprokureur Amal Clooney se kantoorstyl is allesbehalwe só eenvoudig. Sy vlieg immers die hele wêreld vol, boonop aan die sy van een van Hollywood se aantreklikste akteurs, George Clooney.

Amal het die internet gereeld aan die gons oor haar stylvolle uitrustings en ook die SARIE-modespan kan nooit genoeg kry van haar styl-oomblikke nie.

Volgens SARIE se mode-stilis, Magdel Muller, is Amal beslis nie bang vir kleur nie. “Sy is ’n goeie voorbeeld van hoe jy modern en stylvol by die werk kan opdaag.”

Boonop weet Amal presies hoe om te meng en pas sodat haar uitrustings interessant bly. “Haar styl is elegant en vroulik, maar ook treffend.”

Magdel se raad aan werkende vroue? “Moenie bang wees om te eksperimenteer nie, ongeag jou beroep.”

 Hier is van ons gunsteling-Amal-oomblikke:

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images