Die 30-jarige Amerikaanse model Ashley Graham is ewe bekend vir haar skoonheid as haar kurwes. Nes Kim Kardashian, Kylie Jenner en Jennifer Lopez het sy ’n peervormige figuur en sy is glad nie skaam om dit te wys nie.

Dié tipe lyf beteken jy het ’n dun middel en groter onderlyf.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Baie vroue met ’n peerfiguur sukkel met klerekeuses. Wat wys jy en wat steek jy weg?

Die belangrikste is om jou middel te beklemtoon, sê Magdel Muller, SARIE se mode-stilis, aangesien dit jou slankste liggaamsdeel is.

Jou tweede fokus moet jou skouers en cleavage wees, want dit help om die aandag weg te lei van jou onderlyf.

LET WEL: Ashley, Kim en J-Lo spog graag met ál hul kurwes en steek niks weg nie, en daar is niks daarmee verkeerd nie!

Wat moet ek aantrek?

Volg dié 5 stylreëls.

1. Broeke (veral wyepypbroeke) wat tot jou middel kom, is vleiend, veral met ’n noupassende top.

Reg

FOTO Instagram/ @ashleygraham
 

Verkeerd

FOTO Getty Images/ Gallo Images

2. Jy hoef nie bang te wees vir noupassende items nie, maar maak seker die balans is reg (nie te styf en/of te kort nie).

Reg

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Verkeerd

FOTO Getty Images/ Gallo Images

3. Kort toppies is aanvaarbaar, stileer dit net sexy maar elegant.

Reg

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Verkeerd

FOTO Getty Images/ Gallo Images

4. Dra ’n belt om jou middel te beklemtoon, of dit nou oor ’n baadjie, rok of hemp is.

Reg

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Verkeerd

FOTO Getty Images/ Gallo Images

5. Oorvou-style werk goed om jou middel te beklemtoon.

Reg

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Verkeerd

FOTO Getty Images/ Gallo Images