Tyd vlieg en dis byna tyd vir die groot toekenningsaand: Die Oscars. Intussen het bekendes gisteraand in ’n yskoue Londen bymekaar gekom om die Bafta-toekennings, die Britte se Oscar-aand, by te woon. 

Die eregaste was die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton. Die pa van drie het deftig in sy swart pak en swart strikdas gelyk. Maar dit was sy vrou wat weer eens die kollig gesteel het. Kate het geskitter in ’n wit eenskouerrok van Alexander McQueen. Haar hare was in ’n elegante opstyl en sy het prinses Diana se oorbelle met pêrels en diamante gedra. Ikonies!

BAFTA
Die hertogin van Cambridge. FOTO Getty Images / Gallo Images
LONDON, ENGLAND - FEBRUARY 10: Catherine, Duchess
FOTO Getty Images / Gallo Images

Maar nog ’n Cate het geskitter. Die Oscar-wenner Cate Blanchett, wat haar bekende blonde lokke onlangs bruin gekleur het, het beeldskoon in ’n swart Christopher Kane-skepping gelyk.

Cate Blanchett FOTO Getty Images / Gallo Images
LONDON, ENGLAND - FEBRUARY 10: Cate Blanchett atte
FOTO Getty Images / Gallo Images

Hier is nog sterre wat pragtig op die rooi tapyt gelyk het, volgens Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur. 

Salma Hayek

FOTO Getty Images / Gallo Images

Glenn Close

FOTO Getty Images / Gallo Images

Barbara Meier

FOTO Getty Images / Gallo Images

Irina Shayk

FOTO Getty Images / Gallo Images

Stacy Martin

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Viola Davis

FOTO Getty Images / Gallo Images

Lucy Boynton

FOTO Getty Images / Gallo Images

Die gewildste kleure was beslis swart en wit ... twee staatmakers wat altyd tydloos, elegant en stylvol sal wees. 

En wie het die meeste uitgestaan vir Amaria? “Salma Hayek, Stacy Martin en Irina Shayk! Hul uitrustings het net treffend gelyk en hulle soos ’n handskoen gepas.”