Aanhangers van Star Wars is oor die aardbol versprei. Luke Skywalker, Princess Leia, Han Solo, Chewbacca, R2-D2, C-3PO en Yoda is ná 41 jaar steeds geliefde karakters. Nou blyk dit die Britse aktrise Thandie Newton is self 'n aanhanger van die fliekreeks oor die 'galaxy far, far away'.

By 'n rooitapyt-geleentheid tydens die Cannes-filmfees het Thandie 'n ontwerpersrok gedra wat met prente van Star Wars-karakters versier is. Die rok is deur Vivienne Westwood vir haar ontwerp vir die opening van die nuutste fliek in die reeks, Solo.

Thandie is een van die karakters in die fliek.  

Wat dink jy van die rok? 

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images