DEUR Amaria Carstens FOTO’S Katinka Bester van Hero Creative Management MODESTILIS Magdel Muller

PRAG IN EENVOUD

Uit katoen en tou kom skeppings wat jou twee keer laat kyk. Amanda Laird Cherry van Kaapstad speel met plooie en bande vir interessantheid, en Katherine-Mary Pichulik van Pichulik, ook van die Kaap, meng tou en halfedelstene vir haar bonkige juweliersware.

Katryn Kruger
Top van tyk (ticking, vanaf R295) met bypassende bloes (prys op aanvraag), Amanda Laird Cherry. Swart touhalssnoer met aventuriensteen (R1 100), Pichulik. Swarten-wit touhalssnoer met varswaterpêrels, wit krale, jade- en malagietstene (R2 340), Pichulik. Tou-oorbelle met koper (vanaf R510), Pichulik. Syserp in hare (prys op aanvraag), Pichulik. GROOTTES Top: 30 – 42 Bloes: Op aanvraag

SKOONHEID IN DETAIL

Clive Rundle van Johannesburg verras al vir jare en keer op keer modeliefhebbers met sy unieke ontwerpe. Ingewikkelde struktuur en besonderse detail is sinoniem met sy uitrustings.

Katryn Kruger
Geplooide baadjie met uitklokmoue (prys op aanvraag) en bypassende geplooide romp, Clive Rundle. Roomkleurige hakskoene (R599), Rubi by Cotton On. GROOTTES Baadjie: Op aanvraag Romp: Op aanvraag

AFRIKA-PATRONE

Kleur en patrone is ’n kenmerk van die treffende ontwerpe van die Kaapse ontwerperspaar Malcolm Klûk en Christiaan Gabriël du Toit.

Katryn Kruger
Skouerlose fraiingrok met geometriese patroon (prys op aanvraag), KLûK CGDT. Tou-en-vere-belt (R1 800), Tjommies. Roomkleurige hakskoene (R599), Rubi by Cotton On. Wyerandstrooihoed (vanaf R299), Cotton On. GROOTTES Rok: Op aanvraag

NATUURLIKE STYL

Stowwe soos leer en linne maak jou verlief op dié ontwerpers se ontwerpe. Chloe Townsend van Kaapstad, van die ontwerpershuis Missibaba, is bekend vir haar leerontwerpe met interessante uitsnywerk tot gekleurde patrone. Klassieke elemente en sterk vroulike detail is te sien in die uitrustings van Judi Nel van Judith Atelier – ’n jong ontwerper van Wolseley om dop te hou.

SARIE mode
Wit linnehemp (R1 050) met bypassende culotte (R990), Judith Atelier. Leerhandsak met koperdetail (R4 900), Missibaba. Leeroorbelle (vanaf R550), Missibaba. GROOTTES Hemp: XS – XXL Broek: XS – XXL

SPREI JOU VLERKE

Volstruisvere is nie net ’n plaaslike produk nie, vere is ook tans wêreldwyd gewild op die loopplanke – perfek vir dié elegante rok in Johannesburger Gert-Johan Coetzee se somerreeks.

Katryn Kruger
Roomkleurige vererok (prys op aanvraag), Gert-Johan Coetzee. GROOTTE Rok: Op aanvraag

SONVANGER

Rond jou halslyn treffend af met laag op laag fyn juweliersware met kristalle.

Swarovski
Roosgoudvergulde oorbelle met swart Swarovski-kristalle (vanaf R989), Swarovski. Roosgoudvergulde halssnoere met swart Swarovski-kristalle (vanaf R1 990), Swarovski. Roosgoudvergulde vlekvryestaalhorlosie met swart wyserplaat versier met Swarovski-kristalle (vanaf R5 790), Swarovski. Turkoois sebravelpatroon-kaftan (R2 400), Safari du Sud van die Pretoriase ontwerper Gert van de Merwe

AVONTUURLUSTIG

Gert van de Merwe bekoor ons al jare lank met sy tydlose ontwerpe en vakmanskap. Nou het hy ook sy eerste pasklaar-reeks, Safari du Sud, bekend gestel. 

safari du sud
Sebravelpatroon-rok (R2 250), Safari du Sud. Taankleurige gordelhandsak van leer wat lyk soos krokodilvel (R2 800), Safari du Sud. Serp van linnemengelstof in hare (R880), Safari du Sud. Verskeidenheid armbande van 18 kar. geëlektroplateerde koper met agaatstene (R1 200 elk), Safari du Sud. Swart leersandale (R899), Aldo.
Safari du Sud
Ligpienk-en-wynrooi bloes (vanaf R950), van die Kaapse ontwerper August. Sy-romp met luiperdvelpatroon (vanaf R950), August. Armbande van nguni-horing (vanaf R50 elk), Safari du Sud.
’n Nuuskierige kameelperd.
’n Nuuskierige kameelperd.
Karula-spa
Karula-spa
 ’n Njala-bok, fyn gestreep.
’n Njala-bok, fyn gestreep.

Spesiale dank aan die luukse private wildsplaas Kapama vir ’n ongelooflike ondervinding en hul gasvryheid. Kontak 012 368 0600 of besoek kapama.com.

GRIMERING & HARE: Mary Gouveia van Lustre Model

MODEL: Katryn Kruger van Contact Model Managements

FOTOGRAAF SE ASSISTENT: Theo Afrika