Die rooitapyt-seisoen is in volle swang. ’n Week ná die Golden Globes was dit Sondag die Critics’ Choice Awards in Santa Monica, Kalifornië, en talle bekendes het weer in die mooiste rokke opgedaag.

Een van die groot oomblikke van die aand was toe Lady Gaga en Glenn Close saam as beste aktrise in die drama-kategorie aangewys is. Albei sterre is gunstelinge om die Oscar-beeldjie op 25 Februarie 2019 te wen - Lady Gaga vir A Star is Born en Glenn vir The Wife. Die Britse aktrise Olivia Coleman het die toekenning vir beste aktrise in die komedie-kategorie ontvang vir haar The Favourite.

SANTA MONICA, CA - JANUARY 13: Glenn Close (L), w
Glenn Close en Lady Gaga met hul toekennings. FOTO Getty Images/ Gallo Images

Christian Bale is as beste akteur én as beste akteur in ’n komedie aangewys vir sy spel in Vice

Op die rooi tapyt het veral nege sterre vir Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, uitgestaan. 

Wat dink jy van haar keuses?

Lady Gaga

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Emmy Rossum

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Charlize Theron

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Nina Dobrev

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Amandla Stenberg

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Allison Janney

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Terri Seymour

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Janet Mock

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Nicole Kidman

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images

Hou SARIE.com dop vir nog rooitapyt-stories.