By gisteraand se jaarlikse Critics’ Choice Awards in Santa Monica, Kalifornië, het die manne net weer gewys dat aandpakke nie vervelig is nie.

Veral dié vyf akteurs het die kollig gesteel:

Darren Criss

Hy is beslis ons gunsteling vir die aand! Sy moderne, unieke pak trek dadelik die aandag en die groot silwer horlosie rond dit treffend af. Perfek vir sy ouderdom.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Justin Hartley

Sy pikswart pak is klassiek en tydloos, met die tekkies wat dit ’n moderne voorkoms gee.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Rami Malek

’n Grys pak is altyd ’n wenner. Dit lyk minder hard en is steeds ’n groot trend

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Ricky Martin

Kan hy ooit iets verkeerd doen? Hy weet wat vir hom werk!

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Ben Hardy

Jy kan nooit ’n fout maak met ’n swart pak en swart bykomstighede nie. Dit is tydloos en elegant.

FOTO Getty Images/ Gallo Images