Die Beckhams is royalty in die Britse modewêreld. Op 43 speel die aantreklike David, eens een van die wêreld se top-sokkerspelers, steeds model. En vroulief Victoria, voorheen Posh van die popgroep Spice Girls, is deesdae mode-ontwerper en boonop een van Anna Wintour se gunstelinge.

Die Beckhams is in 1999 getroud en het drie seuns, Brooklyn, Romeo en Cruz, en ’n skattige laatlam-dogter, Harper. Hulle bly een van die wêreld se grootste glanspare.

En natuurlik kry niemand genoeg van hul mode-uitrustings nie, die SARIE-modespan ook nie. Stilis Magdel Muller beskryf hul styl as innoverend: “Hulle is nie bang om te eksperimenteer nie, maar hou dit afgerond.”

Dean Paulse, digitale skrywer, meen David wys jou ouderdom hoef nie jou styl te bepaal nie. “Sy styl is netjies, maar ook baie modern.”

Magdel reken enige man kan by David leer om altyd klere te koop wat goed pas.

Magdel is gaande oor Victoria se styl: “Dis klassiek, maar treffend. En wat haar uitrustings so interessant maak, is dat sy nooit groot gaan met bykomstighede nie.”

Mode-wenke wat die Beckhams ons leer:

Mans

’n Netjiese T-hemp of hemp onder ’n jas of baadjie is ’n sleutel-item.

FOTO Instagram/ @davidbeckham
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Moenie bang wees om klere in lae te dra nie, selfs ’n jas oor ’n baadjie.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Vir vroue

Moenie bang wees om kleure te meng nie.

FOTO Instagram/ @victoriabeckham

’n Pak is ’n wenner, ongeag jou ouderdom.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

’n T-hemp en jeans lyk altyd modern.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

’n Wyepypbroek met hoëhakskoene laat jou langer en skraler lyk.

FOTO Instagram/ @victoriabeckham