Die afgelope paar maande kon die hertogin van Sussex, Meghan Markle, nie 'n mode-voet verkeerd sit nie. Elke geleentheid wat sy bygewoon het, het vir 'n mode-oomblik gesorg.

Maar haar jongste uitrusting vir die 100 Days to Peace-gala in Londen het die tonge laat klap. 

Meghan het in 'n koningsblou rok met valle verskyn. Ongelukkig meen sommige dit het haar swanger laat lyk.

"Uitrustings met valle en lae is nie altyd die beste keuse nie. As die materiaal en snit nie reg is nie, kan dit jou voller laat lyk," sê Magdel Muller, SARIE se mode-stilis.

Magdel meen die snit was te groot vir haar. "Die valle het oor haar bors, middel en heupe geval. Dit het onmiddellik die illusie van 'n bababoep geskep."

Watter raad het Magdel vir as jy items met valle wil dra?

- Maak seker jy dra die regte snit.

- Maak ook seker dat die valle of lae nie té groot of opvallend is nie.

- Die valle moet eerder horisontaal as vertikaal loop.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images