Terwyl talle rolprentsterre die yskoue Londen aangedurf het vir die glansryke Bafta-toekennings, die Britte se Oscar-aand, is die Grammy-musiektoekennings ook gisteraand in Los Angeles gehou. Is jy nuuskierig om te weet wat die hoogtepunte was? Klik hier.  

Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, het haar gunstelingrokke vir die aand gekies. 

Oscar-benoemde Lady Gaga, wat met drie Grammys weggestap het, het ongelooflik in ’n silwer skepping gelyk.

Lady Gaga. FOTO’S Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Lady Gaga attends
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die sangeres Ashlee Simpson, wat met die musiekikoon Diana Ross se seun, Evan Ross, getroud is, was ook in silwer geklee. Haar keuse was prettig en beslis ’n huldeblyk aan haar skoonma se styl vanuit die 70’s!

Ashlee Simpson. FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: (L-R) Evan Ross an
Ashlee Simpson en manlief, Evan Ross. FOTO Getty Images / Gallo Images

En die ander mode-wenners?

Kacey Musgraves

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Michelle Obama

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Camila Cabello

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Duidelik was silwer die aand se gunstelingkleur. Dis ’n kleur wat met slim stilering by talle mense kan pas. En wie is Amaria se groot wenners? "Ek kan nie tussen Lady Gaga en Ashlee Simpson kies nie. Albei het ongelooflik en treffend gelyk."

Wil jy weet wie op die Bafta-tapyt geskitter het? Klik hier