As jy dink Kim Kardashian lyk goed in kort en deursigtige rokke, het jy nog nie vir Halle Berry gesien nie.

Halle se natuurlike skoonheid word deur miljoene bewonder, maar wie sou kon raai dat die Oscar-wenner gister 52 geword het? Sy het die dag behoorlik saam met vriende gevier en tog te lekker koek geëet.

FOTO Instagram/ @halleberry

Maar Halle is nie net beeldskoon met ’n string toekennings agter haar naam nie, sy is ook bekend vir haar rooitapyt-styl.

Volgens SARIE se mode-stilis, Magdel Muller, kan Halle mooi lyk in enige uitrusting. “Haar deurskynende uitrustings werk vir haar omdat haar bene so mooi is,” sê sy.

“En met haar gloeiende donker vel en natuurlike skoonheid hoef sy geen moeite te doen met grimering om mooi te lyk nie.”

Hier is van ons gunsteling-Halle-uitrustings:

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images