Op 24 laat Tamaryn Green, Mej. Suid-Afrika 2018, die koppe draai. Sy is net beeldskoon, vol grasie en elegant. Boonop is sy SARIE se voorbladster vir die September-uitgawe – nou te koop!

5 redes hoekom jy die September-uitgawe moet koop

Volgens Magdel Muller, SARIE se mode-stilis, sal enige uitrusting stylvol aan Tamaryn lyk. Hoekom? Danksy haar lang bene en mooi postuur.

Is jy met laaaanng bene geseën? Volg dié styl-moets en -moenies:

1. Kies gerus ’n langbroeksnit wat op jou enkels eindig. Dit beklemtoon jou bene.

2. ’n Uitklok- of wyepyp-broek is net so vleiend en sal jou bene definisie gee. 

3. Vermy kortbroeke en minirompe – dit kan die items nog korter laat lyk.

4. As jy wel ’n kort rokkie wil dra, is stywe stewels ’n wenner. Dit keer dat die rok te kort lyk.

Hier's ’n paar styl-voorbeelde:

FOTO Instagram/@tamaryngreen
FOTO Instagram/ @tamaryngreen
FOTO Instagram/ @tamaryngreen
FOTO Instagram/@tamaryngreen
FOTO Instagram/@tamaryngreen

 Wil jy vir Tamaryn beter leer ken? Koop jou jongste SARIE-uitgawe hier.