Hollywood-ster Jennifer Aniston het vandag vyftig kersies op haar verjaardagkoek uitgeblaas.
In die 1990’s het Jennifer beroemd geword danksy die rol wat sy in die gewilde Amerikaanse sitkom Friends gespeel het. Haar karakter, Rachel Green, het haar hare kort-kort verander en elke keer dat sy dit gedoen het, het vroue wêreldwyd haar voorbeeld gevolg. Dit het as die Rachel Green-effek bekend gestaan.
Oor die jare het Jennifer talle wen-oomblikke op die rooi tapyt gehad. Volgens Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, was van haar mooiste oomblikke tussen 2000 en 2005, toe sy nog met die akteur Brad Pitt getroud was.
Deesdae word Jennifer gewoonlik in swart op die rooi tapyt gesien.
“Sy bly maar die koningin van die little black dress. Dié kleur is duidelik haar eerste keuse vir enige rooitapytgeleentheid. Maar so nou en dan verras sy ons met iets anders - van ’n treffende rooi rok tot ’n skepping in ’n neutrale kleur. Boonop weet Jennifer hoe om haar bates te beklemtoon, veral daardie ongelooflike paar bene van haar.”
Hiér is Amaria se keuses:
Amaria het deur 19 jaar van Jennifer Aniston-oomblikke gegaan en dié uitrustings staan steeds vir haar uit.
Emmy-toekennings (2000)
Emmy-toekennings (2002)
Cannes-filmfees (2004)
Emmy-toekennings (2004)
He’s Just Not That Into You-première (2009)
The Bounty Hunter-première (2010)
Oscars (2013)
Oscars (2015)
Vanity Fair-partytjie (2017)
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET