Vir talle aanhangers was die afgelope twee weke ’n bittersoet afsluiting van ’n koninklike hoofstuk. Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan Markle, het hul laaste verpligtinge as senior lede van die Britse koninklike huishouding aangepak. Die paartjie gaan van April af die wêreld op hul eie terme aanpak. Wat gaan dit presies behels? Die paartjie het nog nie veel gedeel nie, hoewel dit glo opwindende projekte insluit.

Tog, ten spyte van hul swanesang, het Meghan seker gemaak dat sy haar beste modevoet te vore sit. Sy het fantasties gelyk!

Eers het sy ’n turkooisblou rok deur Victoria Beckham gedra vir die 2020 Endeavor Fund-toekennings in Londen. Volgens die kleurkenner Lien Potgieter simboliseer hierdie kleur kommunikasie en selfvertroue.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Toe verskyn sy in ’n wit Top Shop-bloes en wit Roland Mouret-potloodromp vir ’n besoek aan die Nasionale Teater. Bourn Creative meen die kleur verteenwoordig goedheid en ’n nuwe begin.

FOTO Instagram / Sussex

Vir die amptelike Statebonddag-erediens in die Westminster-abdy het Meghan ’n bottelgroen rok van Emilia Wickstead en ’n bypassende William Chambers-kopstuk (fascinator). Lien sê die kleur  simboliseer deurnis en oorvloed, daar is ook harmonie en balans in die persoon se lewe.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Maar dit was vir die Mountbatten-musiekfees in die Royal Albert Hall waar sy haar beste mode-oomblik gehad het - pure royal flush! Meghan het in ’n karmynrooi mantelrok van Safiyaa verskyn. Haar donker lokke was reguit stileer en met ’n middelpaadjie afgerond. Sy het daadwerklik die asems weggeslaan. Lien sê rooi simboliseer passie en aksie. Boonop was dié rok se styl hoogmode. Die mantel-tendens is steeds vanjaar groot en gaan glo talle bruide inspireer.

FOTO Instagram / Vanity Fair
FOTO Instagram / Vanity Fair


Dit was ’n week van verrassings, aangesien Meghan eintlik normaalweg eentonige en neutrale kleure gedra het. Ons hou van hierdie treffende kleurkeuses.

Wil jy die ware Jakob koop?

Koop die items

Meghan uitrusting
Meghan uitrusting

Rok

Hakskoene

Oorbelle

Palmsak

Te duur vir jou sak? Hier is soortgelyke items:

Bekostigbare Uitrusting
Bekostigbare Uitrusting

Rok

Hakskoene

Oorbelle

Skouersak