Twiet-twiet: Nóg 'n dag, nóg Kardashian-nuus. Die Kardashian-susters, Kourtney, Kim en Khloé, en hul halfsusters, Kendall en Kylie Jenner, het 'n tweede advertensieveldtog saam vir Calvin Klein aangepak. 

Einde verlede jaar het hulle in wit onderklere op 'n houtvloer gelê ... 'n dramatiese foto wat 2,8 miljoen "likes" op Instagram gekry het. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Die wêreld het toe bespiegel of Kylie swanger is omdat sy die enigste was wat halflyf met 'n kombers bedek is. Enkele maande later is klein Stormi Webster gebore.

Nou is die vyf terug - dié keer in onderklere met denim-items. En weer smeul hulle, met Khloé wat met haar swanger magie spog. Die foto's het reeds 3 miljoen "likes" op Instagram gekry. 

Kyk net die veldtog:

FOTO Calvin Klein
FOTO Calvin Klein
FOTO Calvin Klein
FOTO Calvin Klein

En kyk die pragtige agter-die-skerms-video: