Die twee skone skoonsusters was vanmiddag saam met hul prinse by 'n geleentheid waar die Britse Koninklike Lugmag (RAF) se 100ste bestaansjaar gevier is. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Meghan het die koppe laat draai in 'n pikswart Dior-rok wat spesiaal vir haar ontwerp is. Die rok het haar donker oë en hare pragtig beklemtoon. En die bostuk se lyn laat ons aan haar Givenchy-trourok dink.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Kate het in 'n ysblou Alexander McQueen-skepping haar opwagting gemaak.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

En die prinse? Albei was geklee in hul vlootblou uniforms.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Die twee paartjies is die vorige dag ook gekiek by die doop van klein prins Louis, prins William en Kate se jongste. 

Weer eens het die hertoginne nie teleurgestel nie. Meghan het 'n olyfgroen uitrusting van Ralph Lauren gedra. En Kate 'n roomkleurige uitrusting met 'n treffende hoed. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images

FOTO Getty Images/ Gallo Images