In die begindae, toe die wêreld haar nog leer ken en liefkry het, wou almal dit dra: Lady Di-skoene. Ja, die lae hofskoene wat prinses Diana in haar jongmeisiedae gedra het. Toe kom die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, en maak jasrokke gewild. Met die belt wat sy graag daarby dra, beklemtoon dié stylvolle snit haar dun middel en slanke heupe. En die nuwe hertogin van Sussex, Meghan Markle? Sy vestig die aandag op die boothalslyn.

Haar Givenchy-trourok het dié treffende neklyn gehad. Die algehele prentjie met die fokus op die pragtige tiara was een van tydlose elegansie. Maar sy het die boothals reeds voor die koninklike troue gedra. En die afgelope week is sy in nie minder nie as vier uitrustings met variasies van dié hals gekiek.

Hoekom is die boothals so vleiend?

- Indien jy groot heupe het, plaas die boothals die klem op jou skouers en skep die illusie dat jou skouers breër as jou heupe is. 

- Die boothals laat klein borste voller lyk.

- Dis veral vleiend vir vroue met 'n uurglasfiguur.

- Dit kan jou bo-arms bedek.

Vir wie is dit nie? 

Onthou: As jy breë skouers of groot borste het, sal die boothals dit nóg groter laat lyk. Meghan het self breë skouers, maar sy kies 'n korter boothals wat minder vel wys sodat haar skouers kleiner lyk.

Meghan se kenmerkende styl in foto's:

Die hertogin is al by verskeie geleenthede met dié hals gewaar.

Januarie 2018

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Mei 2018

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Junie 2018

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Julie 2018

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Wenke: Só dra jy dit 

- Kombineer 'n boothals met 'n A-lyn-rok - dit sal jou figuur mooi uitbalanseer.

- As jy kort is, kombineer 'n boothals-top met 'n poltoodromp met 'n hoë middel - dit sal jou lengte gee.  

- Dra 'n top in net een kleur en met geen patrone nie, om die treffende lyn te behou.

- 'n Lady Di-skoen sal jou uitrusting mooi afrond.

- Bykomstighede: Dra 'n lang halssnoer of een wat op die halslyn lê.