Sy was skaars 16 toe Katryn Kruger op internasionale loopplanke en in veldtogte vir mode- en skoonheidshuise soos Prada en Dior naam gemaak het. Oor die jare het sy ook al vyf keer op SARIE se modeblaaie verskyn.

Deesdae is Katryn (24) gelukkig getroud met die mediese dokter Cilliers Kies en hulle het twee oulike rifrug-honde, Kenzi en Toto. Sy doen steeds modelwerk.

Katryn, Cilliers en hul twee honde, Kenzi en Toto. FOTO Stephanie de Jager

Maar dis haar passie vir opbouende gesprekke wat haar oortuig het om haar Koffie met Katryn-kuiersessies te begin. Die idee is dat ’n groep vroue bymekaar kom om oor ’n koppie koffie en sny koek te gesels oor sake wat hulle raak. Aanvanklik het die sessies by haar huis plaasgevind, maar dit het so gewild geraak dat sy ’n venue moes kry om meer vroue te akkommodeer.

Katryn by een van haar Koffie met Katryn-geleenthede. FOTO Natali Varney Schutte

Hier is Katryn se mode-oomblikke in SARIE:

November 2011

Katryn Kruger in SARIE se November 2011-uitgawe. FOTO Ulrich Knoblauch

November 2012

SARIE se November 2012-uitgawe. FOTO Ulrich Knoblauch

September 2013

SARIE se September 2013-uitgawe FOTO Caroline McClelland

April 2014 

SARIE se Maart 2014-uitgawe FOTO Francois Visser

Maart 2018

SARIE se Maart 2018-uitgawe. FOTO Katinka Bester

Sy het dié boodskap vir SARIE se 70ste verjaardag geskryf: