Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, het gister vir die eerste keer, sedert die nuus oor haar swangerskap, in die publiek verskyn. Sy het beeldskoon gelyk in 'n rok van periwinkle blou. Sy is glo 12 weke swanger met haar en die hertog van Cambridge, prins William, se derde kind.

Volgens Amaria Carstens, SARIE se mode redakteur, is dit een van haar beste uitrusting van 2017. 

"Dis absoluut stunning, die snit is vleiend en vroulik. Die uitrusting is gepas vir die toekomstige koningin van Engeland."