Die afgelope naweek het die nuwe hertogin van Sussex, Meghan Markle, haar eerste Trooping the Colour-seremonie beleef. Sy en haar man, prins Harry, hertog van Sussex, het saam in 'n koets gery.

Sy het pragtig gelyk in haar vaalpienk uitrusting. Die rok het haar kaal skouers vertoon en haar bypassende hoed was skuins op haar kop. Jy kon haar deur 'n ring trek. Haar swart lokke was ook effens korter gesny en het sag langs haar gesig gehang.

Wat dink jy van Meghan se uitrusting?

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images