Sy is een van die stylvolste koninklikes: koningin Letizia van Spanje. Sy haal gereeld die lys van besgekledes in snitte wat haar soos 'n handskoen pas.

Net so moeiteloos slaan sy oor van formeel na informeel. Die afgelope paar dae het die koninklike gesin tyd op die Spaanse eiland Mallorca deurgebring en natuurlik het die geleentheid vir 'n fotosessie gevra. Die koningin het stylvol gelyk in 'n wit rok en wighakke.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Later het sy in 'n wit kortbroek en ligpienk toppie verskyn. En dit sowaar reggekry om steeds elegant te lyk. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images