Sy het haar oor armes en siekes ontferm. Sy was dapper en het die wêreld se aandag gevestig op die onnodige stigma van vigs en die tragedie van landmyne in Afrika. Oral waar sy gegaan het, het sy vir kinders drukkies gegee. 

Princess Diana visiting a patient at the London Li
Prinses Diana het in 1996 ’n Vigs-lyer in die hospitaal besoek. FOTO Getty Images / Gallo Images

Dis hoekom sy die Prinses van Harte was en só sal sy altyd onthou word. Maar sy was ook die Prinses van Styl.

22 jaar ná haar tragiese dood word sy steeds as ’n styl-ikoon beskou. En dit lyk of ook haar twee skoondogters – wat sy nooit sou ontmoet nie – inspirasie put uit haar styl. Eers was dit die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, wat met haar en prins Charles se oudste, prins William, getroud is, en nou ook Meghan Markle, hertogin van Sussex, prins Harry se vrou. 

HIGHGROVE, UNITED KINGDOM - JULY 18: Diana, Princ
FOTO Getty Images / Gallo Images

Veral Kate huiwer nie om hulde te bring aan prinses Diana se styl nie. In Mei vanjaar verskyn die hertogin in ’n elegante koningsblou polkakolrok met ’n wit kraag wat treffende ooreenkomste toon met ’n rok wat Diana in 1986 gedra het. 

FOTO’S Getty Images / Gallo Images
BLETCHLEY, ENGLAND - MAY 14: Catherine, Duchess of
FOTO Getty Images / Gallo Images

Kate lyk amper soos ’n moderne prinses Diana. Hier is nog oomblikke. 

Diana, in swart met ’n breërandhoed by ’n Herinneringsdag-diens in 1991 om gesneuweldes van die Eerste Wêreldoorlog te onthou, en Kate in 2016 by dieselfde diens.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Diana in 1984 op die trappe van St. Mary-hospitaal se Lindo-vleuel met die pasgebore prins Harry in haar arms. 34 jaar later verskyn Kate op dieselfde trappe met haar en prins William se jongste, prins Louis. Sy dra rooi met ’n wit kraag, nes Diana destyds.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Diana in ’n sagte geel rok tydens ’n ampsbesoek aan Nieu-Seeland en Australië in 1983. Kate kies in 2011 dieselfde geel vir haar en William se ampsbesoek aan die VSA en Kanada. 

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Albei treffend in blou ... Diana in 1986 by ’n spoggeleentheid in Katar en Kate in 2017 met ’n koninklike besoek aan die Palladium-teater in Londen. 

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Diana in 1984 op die Birmingham-lughawe en Kate in 2014 toe sy, prins William en hul eersteling, prins George, in Nieu-Seeland land vir hul ampsbesoek. Albei dra rooi met ’n bypassende hoed.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Diana in 1988 by die Royal Ascot-perdewedren en Kate in 2018 by die Wimbledon-tennistoernooi.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Hoewel meer subtiel, lyk dit tog of Meghan Markle ook hulde aan prinses Diana se styl bring. Dit was veral met haar swangerskap met haar en prins Harry se eersteling, Archie, opsigtelik. 

In 1982 en swanger met prins William, kies Diana ’n treffende groen uitrusting vir ’n besoek aan die stad Bristol. Die swanger Meghan dra dieselfde groen op Statebonddag in Maart vanjaar.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Tydens haar en prins Harry se besoek aan Tonga in 2018 dra Meghan blou, ’n kleur wat Diana graag gedurende haar twee swangerskappe gedra het.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Diana het in die 90’s gereeld rooi in kombinasie met ander kleure gedra. Hier is dit rooi met pers, ’n kombinasie wat Meghan ook vroeër vanjaar gedra het. 

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Diana in 1987 in wit met ’n bypassende hoed, en Meghan in Maart by ’n koninklike kerkdiens in die Westminster-abdy. Modekenners het gou die ooreenkomste tussen die twee uitrustings uitgewys.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Maar as nuweling in die koninklike huis het Meghan ook vóór haar swangerskap inspirasie by die Prinses van Harte gekry. 

Kort ná hul troue in 2018 verskyn Meghan aan prins Harry se sy vir die militêre parade Trooping the Colour. Die kleur en snit herhaal dié van die rok wat Diana in 1987 na die Berlynse operahuis gedra het.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Kort daarna verskyn sy weer in ’n rok met ’n enerse snit as dié wat Diana in 1995 gedra het.

FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Grimeer soos Meghan en Kate: Stap vir stap

Droom jy ook daarvan om soos ’n koninklike te lyk? Goeie nuus – dis maklik! Meghan Markle en die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, lyk altyd foutloos wanneer dit kom by hul grimering. Gelukkig is dit maklik om hul subtiele rokerige oë en sagpienk lippe ook vir jouself te skep. Hiér verduidelik ons hoe …

GEMAKLIKE MEGHAN

NUKUALOFA, TONGA - OCTOBER 25: (UK OUT FOR 28 DAY
FOTO Getty Images / Gallo Images

Meghan se grimering lyk altyd natuurlik en gemaklik. Sy dra graag ’n deursigtige onderlaag sodat haar sproete deurskyn. “Ek was nog altyd lief vir my sproete,” het sy verlede jaar in ’n onderhoud aan die tydskrif Vanity Fair gesê. Vir haar oë verkies sy ’n rokerige voorkoms met aardse brons skakerings, en vir haar lippe ’n neutrale kleur met ’n pienk ondertoon.

ELEGANTE KATE

EPPING, UNITED KINGDOM - MARCH 28: (EMBARGOED FOR
FOTO Getty Images / Gallo Images

Kate se kenmerkende grimeervoorkoms is ook subtiele rokerige oë, met welige wenkbroue en ’n tikkie pienk op haar wange en lippe. Die voorkoms laat haar glansryk, dog gemaklik en toeganklik lyk. Dis ook geen geheim dat Kate daarvan hou om sélf haar grimering voor glansgeleenthede te doen nie. Sy het selfs op haar troudag haar eie grimering gedoen!

Só werk dit

Dit hoef jou nie ure te vat om rokerige oë soos Meghan en Kate s’n te skep nie – al wat nodig is, is ’n veelsydige oogskadu-palet en dié maklike stappe.

STAP 1: Gebruik ’n oogskadu-palet met neutrale skakerings van lig tot donker. Wend ’n medium skakering van die binnehoek van jou oog tot in die middel van jou ooglid aan met ’n oogskaduborsel.

STAP 2: Skakeer ’n donkerder skakering van die middel van jou ooglid na die buitehoek van jou oog in. Gebruik groterige kwashale.

STAP 3: Wend nou die donkerste skakering teenaan jou boonste wimperlyn aan. Vir ekstra drama kan jy ook ’n oogomlyner-potlood hier gebruik. Nou is nog net ’n paar lae maskara nodig.