Die 27-jarige Australiese aktrise Margot Robbie was soos ’n vars lentebries by Saterdag se première van haar nuwe fliek, Peter Rabbit, in Los Angeles. Margot, geklee in ’n wit blomrok met asimmetriese valle, het kompleet gelyk asof sy na ’n teepartytjie op pad is.  

Die rok deur Brock Collection was regtig pragtig, maar dit was haar speelse bykomstighede wat op die ou end die kollig gesteel het. Om die opening te vier van die animasieprent waarin sy ’n stemrol vertolk, het sy ’n kristalbedekte handsak deur Judith Leiber gedra – in die vorm van ’n haas!

Margot het haar uitrusting afgerond met eenvoudige silwer hakskoene, pienk lippe en oorbelle deur Ana Khouri.  

Gallo Images / Getty Images

Gallo Images / Getty Images

Dit lyk of handsakke 'n oomblik beleef. Kyk net wat onlangs op Instagram gesien is:

A post shared by Moschino (@moschino) on

A post shared by Moschino (@moschino) on

Geïnspireer? Hierdie handsakke is plaaslik te kry:

Skouersak, Spree

Skouersak by Spree

Handsak, Shopbop

Handsak by Shopbop

Skouersak, Saks Fifth Avenue

Skouersak by Saks Fifth Avenue

Bronne:

www.justjared.com

www.vogue.com