Die Oscar-wenner Alicia Vikander is tans op 'n publisiteitstoer vir die fliek Tomb Raider. Sy speel die hoofrol van Lara Croft. In die aksiebelaaide fliek spring sy oor watervalle, seil in donker grotte af en veg teen groot skurke. Maar in die regte lewe durf sy rooitapyt-geleenthede met hoë hakke aan. 

Verlede week was sy in twee pragtige Louis Vuitton-uitrustings getooi.

En die week by die Los Angeles-première het sy geskitter in 'n goue rok met motief. Haar hare het sag oor haar skouers geval, en met 'n katoog en pruimpers lippe het sy die uitrusting mooi afgerond. Ook dié skepping was deur Louis Vuitton ontwerp. Alicia is al sedert 2015 'n gesig vir dié Franse mode- en skoonheidshuis. 

Wat dink jy van Alicia se rok en hare?

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images