Sedert Meghan Markle die hertogin van Sussex geword het, het sy feitlik elke tweede dag die kuberruim laat gons.

Die pragtige donkerkop het onlangs in ’n pikswart broekpak verskyn vir die Wellchild Awards in Londen. Haar uitrusting is met sagte, eenvoudige grimering en kapsel afgerond.

Hoekom kry Meghan dit elke keer reg? Magdel Muller, SARIE se modestilis, gee haar mening.

“Sy lyk altyd mooi, omdat sy weet wat vir haar werk. Sy dra ook klere wat by haar liggaamsbou pas."

Volgens Magdel skep die keuses van kleur dadelik ’n meer elegante, maar ook ’n eenvoudige voorkoms.

En hoekom lyk sy altyd mooi in swart?

“Wat haar swart uitrustings so treffend maak, is haar donker hare en oë. En oor haar grimering en hare ook altyd eenvoudig is, is haar uitrustings meer treffend, veral met swart.”

Magdel se raad is as jy twyfel oor wat om aan te trek, trek swart aan. Dit is klassiek en altyd netjies.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images