Die beeldskone Tamaryn Green, Mej. Suid-Afrika 2018, is die voorbladster van ons September-uitgawe. Haar kobaltblou satynrok sorg voorwaar vir ’n treffende voorblad. 

Hoekom kobaltblou?

Michélle van Breda, SARIE se redakteur, was een van die beoordelaars by vanjaar se Mej. SA-kompetisie. Geklee in ’n kobaltblou pak en met gladde, reguit hare het veral één finalis tydens die onderhoude uitgestaan: Tamaryn. "Sy het absoluut beeldskoon gelyk. En die pak in daai kleur het haar soos ’n handskoen gepas," sê Michélle. 

Vir die voorbladfoto het Michélle net geweet: kobaltblou is die kleur. 

Hier is Tamaryn by haar Mej. SA-onderhoud:

’n Treffende uitrusting tydens Mej. Suid-Afrika. FOTO Instagram/ Tamaryn Green


Die rok self

Die inspirasie kom van niemand minder nie as die hertogin van Sussex, Meghan Markle. Meghan is in Mei in ’n treffende boothalslyn-rok van Givenchy met haar prins Harry getroud. Maar dit was haar tweede rok, ’n halternek van satyn, wat veral die modewêreld se aandag getrek het. Dit was ’n skepping deur Stella McCartney.

Meghan Markle op haar troudag in 'n Stella McCartney-rok. FOTO Instagram/ Stella McCartney
FOTO Instagram/ Stella McCartney
FOTO Stella McCartney

Werner Wessels, stilis van die skoonheidskoninginne, het voorgestel dat ons by Biji Couture in Pretoria vir Tamaryn ’n rok soek. 

Hulle het toe spesiaal die voorbladrok vir haar gemaak.

Ewe asemrowend was Tamaryn tydens die fotosessie vir die binneblaaie. "Dit was vir my baie maklik om vir Tamaryn klere te kies. Dit was soos ’n droom, om ’n supermodel te stileer. Als was net perfek," sê Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur. 

Kyk net hoe ongelooflik lyk Tamaryn, ook op die foto's wat nie die tydskrif gehaal het nie:

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems
FOTO Mariijke Willems
FOTO Marijke Willems

Sien die foto's van Tamaryn in die modes wat Fanie gekies het en lees die inspirerende onderhoud in die jongste SARIE - nou te koop!