Die naweek is 2018 se Teen Choice-toekennings uitgedeel, en ons modespan is omtrent in hul skik met die bekendes se stylvolle uitrustings.

Magdel Muller, SARIE stilis, sê blinkers en metaalkleure was weer groot op die rooi tapyt. “Chloë Grace se uitrusting was definitief my gunsteling. Met die kombinasie van ’n oorgroot baadjie en rok met blinker-detail het sy behoorlik ’n stelling gemaak,” sê Magdel.

Dean, SARIE se digitale skrywer, sê dis opmerklik dat die mans meer informeel as die vroue geklee was. Magdel stem saam: “Denim was beslis groot onder die manne. Dit sal altyd stylvol en modern wees, maar ’n aantreklike man het mos nie ’n pak nodig om mooi te lyk nie!”

Hier is die dames 

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

En ons manne

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images