Sedert SARIE se April 2020-uitgawe het Schané in die modeblaaie haar kopie van die maand met ons gedeel. Ons deel spesiaal die April, Mei én Junie se gunstelingkopies en stylwenke!

1. Wit tekkies

Wit tekkies was Schané se gunstelingkopie vir April 2020-uitgawe.

Schané sê:

As jy twyfel oor watter skoene jy by ’n uitrusting moet dra, is wit tekkies jou antwoord! Dit werk saam met alles. Dis’n besliste wenner by informele klere en gee nuwe oemf aan ’n semiformele uitrusting. As jy hou van waag, kan jy dit selfs saam met ’n deftige uitrusting dra vir ’n sjiek sportiewe voorkoms.

Haar wenk:

Maak seker jy bele^ in ’n goeie skoonmaakmiddel sodat jou tekkies altyd spierwit kan bly.

FOTO Phyllis Green

2. (Egte) leeritem

Egte leeritem was Schané se gunstelingkopie vir Mei 2020-uitgawe.

Schané sê:

Ek glo elke vrou moet bele^ in’n item van egte leer. My go-to-item is altyd my swart leerbaadjie. Sonder dat ek twee keer hoef te dink is dit altyd die baadjie wat ek gryp. Dit pas by enigiets en het die vermoe¨ om ’n uitrusting dadelik ’n duursame gevoel te gee. Boonop is daar ook iets aan ’n leeritem, hetsy dit baadjie, broek, romp, hemp, handsak of handskoene is, wat ’n vrou sexy laat voel. Met leeritems volop in internasionale ontwerpers soos Versace, Alexander Wang en Isabel Marant se herfs- winter-reekse, is leer ’n mo´e´t in jou klerekas die winter.

Haar wenk:

’n Egte leeritem is ’n ware belegging, wat jy jare kan dra. Hoe ouer dit word, hoe meer karakter kry dit.

FOTO Phyllis Green

3. Oorgroot hemp

Die oorgroot hemp was Schané se gunstelingkopie vir Junie 2020.

Schané sê:

Jy het soveel verskillende stileringsopsies met die´ veelsydige hemp. My gunstelingvoorkoms is om dit vas te trek in my middel met ’n belt, veral ’n besonderse belt wat drama gee aan ’n uitrusting.Vir ’n ontspanne voorkoms, dra dit saam met jou jeans, en vir ’n meerformele geleentheid, kombineerdit met ’n netjiese langbroek en treffende hakskoene

Haar wenk:

Koop die hemp ’n nommer of twee groter as wat jy normaalweg dra, want jy wil he^ dit moet ’n bietjie los sit

FOTO Verskaf deur Schané Venter, Illustrasie verkry op Getty Images / Gallo Images