Gisteraand was dit die jaarlikse MTV Video Music Awards in New York waar die wêreld se grootste musiek-ikone vereer word.
Die 49-jarige Jennifer Lopez het met die gesogte Michael Jackson Video Vanguard Award weggestap - die eerste Latyns-Amerikaanse sanger wat dit kon regkry.
En soos altyd het J-Lo net soveel op die rooi tapyt geskitter as op die verhoog.
In haar silwerkleurige Versace-rok kry sy 10/10 vir styl.
Hier's nog sterre wat 10/10 kry:
Supermodel Karlie Kloss in 'n metaalkleurige Elie Saab-rok:
Entrepreneur Kylie Jenner in 'n wit Tom Ford-rokjas:
Shanina Shaik, 'n Australiese model, asemrowend in 'n Naeem Khan-eenstuk:
Stranger Things-ster Millie Bobby Brown in 'n sjiek Rosie Assoulin-uitrusting:
Ongelukkig het talle bekendes ook teleurgestel. Wat dink jy?
Blac Chyna
Amber Rose
Blake Lively
Nicki Minaj
Cardi B
Ariana Grande
Sky
Dascha Polanco
Lily Barrios
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET