Nes haar twee skoondogters, die hertoginne Kate Middleton en Meghan Markle, was prinses Diana 'n styl-ikoon.

Maar dit was nie net haar modes by amptelike geleenthede wat geïnspireer het nie.

In die 90's is die prinses van harte gereeld in 'n kort spanbroek en oorgroot sweetpaktop gewaar. En nou maak die realiteitster Kim Kardashian dit weer deel van haar straatstyl. 

Kim is die gesig van haar kletsrymer-man, Kanye West, se sportklerereeks Yeezy. As deel van die sesde bemarkingsveldtog word sy gereeld in 'n kort spanbroek, sweetpaktop en ontwerperstekkies gekiek. 

Prinses Diana en Kim Kardashian

Wil jy ook dié styl dra? Hier's wenke:

- Swart is die vleiendste kleur. Maar vroue met kurwes hoef geensins bang te wees vir die trend nie! Kyk net vir Kim. 

- Grys en pers is tans baie gewild.

- Kies modieuse tekkies en oulike sokkies.

- Maak gerus soos Kim en dra die trend winkel toe of as jy die kinders op- of aflaai.

Hier's die sleutel-items:

Kort spanbroek, Superbalist, R329
Kort spanbroek, Superbalist, R329

Sweetpaktop, Superbalist, R349

Hoogsnit tekkies, Spree, R1 299

Sweetpak-baadjie, Superbalist, R649

Katoen sokkies, Falke/Spree, R99