In 1877 is die eerste Wimbledon gehou. Die toernooi op grastennisbane sou tradisie word en later as die eerste Grand Slam erken word. Veertien dekades later is dit steeds dié toernooi. Aarbeie en room, fyn komkommertoebroodjies, G&T's. Die toeskouers in stylvolle uitrustings geklee om die spelers, almal netjies in wit, te kom ondersteun.

Van die roemryke en gewildste wenners is Serena Williams, Roger Federer en Martina Navratilova.  

Die naweek het elke Suid-Afrikaner gehoop Kevin Anderson kan in die eindstryd teen Novak Djokovic seëvier, maar ongelukkig moes hy met die tweede plek tevrede wees. Ook die vroue-eindstryd tussen Angelique Kerber en Serena Williams was emosioneel. Williams, die eerste keer terug op Wimbledon vandat sy 'n baba gehad het, moes ongelukkig die knie buig.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Op die paviljoen het die toeskouers nie teleurgestel nie en vir talle mode-oomblikke gesorg. Bekendes soos Anna Wintour, Emma Watson, Lewis Hamilton, Tiger Woods en die hertoginne Kate Middleton en Meghan Markle was almal by die vroue-eindstryd. Meghan en Serena is goeie vriendinne.

Hier's die top-5-oomblikke:

1. Meghan Markle

Die hertogin van Sussex was in 'n Ralph Lauren-uitrusting geklee. In haar spierwit wyepypbroek en strepieshemp het sy die koppe behoorlik laat draai.

 
FOTO Getty Images/ Gallo Images

2. Kate Middleton

Die hertogin van Cambridge het geskitter in 'n goudgeel rok.

 
FOTO Getty Images/ Gallo Images

3. Emma Watson

Die aktrise het vir seker die stylboek gevolg in haar spierwit broekpak en bypassende hoed. Ons is mal oor dié uitrusting!

 
FOTO Getty Images/ Gallo Images

4. Tom Hiddleston

Die akteur en musikant het baie aantreklik in sy blou pak gelyk.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

5. Eddie Redmayne

Die akteur was ewe netjies in sy blou pak.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Watter styl-oomblik was jou gunsteling?