Tydens hierdie staat van inperking is die nederige bottel wit asyn jou goeie vriend. Jy kan dit letterlik vir van wasgoed tot huisskoonmaak gebruik.

Gebruik jou wit asyn só:

1. Sagmaakmiddel

Vervang jou gewone materiaalversagmiddel met 40 ml wit asyn. Dit werk net so goed en sal nie jou wasmasjien beskadig nie. Moenie bekommerd wees oor ’n asynreuk nie, dis reukloos.

 
View this post on Instagram

I looove doing the laundry, really! ???? ___________________________________________________ #washingmachine #laundry #pink #cgn #köln

A post shared by Amanda Bella Ciss ♥? (@amanda.ciss) on

2. Bleik wit items en verwyder vlekke

Alle wit items het ’n manier om geel te raak. Wit asyn maak dit witter en kan selfs die meeste vlekke verwyder.

3. Verwyder reuke

Veral nou met die inperking kan troeteldiere glipse in die huis maak. Spuit wit asyn op die area en dit sal die reuk dadelik wegneem.

 

4. Afspoelmiddel

Glase dof en vaal? Spoel dit af met verdunde wit asyn. Jy kan dit ook in jou skottelgoedwasser se spoelmiddelvakkie plaas.

 
View this post on Instagram

I heard juice cleanses were good for your health...????

A post shared by K A Y L A (@kaylajmurray) on

5. Vir die stortdeur

Spuit wit asyn op die glas van jou stortdeur en gebruik koerantpapier om dit skoon te vee.

Siedaar, nou hoef jy nie om dié vyf redes die huis te verlaat nie.