Ons almal onthou daai swart rok wat die Hollywood-ikoon Audrey Hepburn in die 1961-fliek Breakfast at Tiffany’s gedra het. Die rok is deur die ewe ikoniese Hubert de Givenchy van die modehuis Givenchy ontwerp. Die aktrise was tot met haar dood in 1993 die ontwerper se muse.

FOTO: Getty / Gallo Images

Nou, 57 jaar sedert die fliek, het die nuwe hoofontwerper van Givenchy, Clare Waight Keller, 'n moderne herontwerp van die swart rok tydens die bekendstelling van haar Herfs 2018-reeks vertoon.

FOTO: Getty / Gallo Images

Dit was die modehuis se eerste vertoning sedert Hubert de Givenchy se dood vroeër vanjaar in die ouderdom van 91. Clare het modeliefhebbers 'n nostalgiese terugblik op die vader van die modehuis se roemryke loopbaan gegee. Die swart rok is opgekikker met luukse fluweel, sakke en 'n kappie. Die vertoning is afgesluit met die liedjie "Moonriver", sinoniem met die fliek.

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Wat 'n huldeblyk aan die twee ikone!

FOTO: Getty / Gallo Images

Dit was omtrent 'n goeie jaar vir Givenchy. Clare het ook die nuwe hertogin van Sussex, Meghan Markle, se trourok ontwerp.

Kyk die volledige vertoning hier: