Baie vroue is bang om geel te dra. Dit is net een van daardie kleure wat moeilik is.

Volgens SARIE se mode-stilis, Magdel Muller, kan geel vir almal werk, maar jy moet jou velkleur in gedagte hou. Magdel sê daar is drie tipes velkleure: Donker, warm, en koud of lig.

Vroue met ’n donker vel soos Oprah Winfrey en Viola Davis is gelukkig, want hulle kan enige skakering van geel dra.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Kim Kardashian, Tyra Banks en Eva Longoria se vel het ’n warm ondertoon. Hierdie vroue het gewoonlik ook donker hare en donker oë, daarom lyk ’n heldergeel kleur pragtig aan hulle. Veral mosterdgeel werk.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Vroue met ’n ligte of koue ondertoon soos Emma Stone kan ook geel dra, maar verkieslik lig- of pastelgeel.

FOTO Getty Images/ Gallo Images