Die meeste mans staan soggens voor hul klerekas en sukkel met ’n mode-uitrusting. Ja, dit is nie net julle nie, dames!

Moderne mans besef al hoe meer dat mense jou oordeel op grond van jou voorkoms. So, ons moet die regte indruk skep.

Voor ons by mode-wenke kom, is daar drie belangrike dinge wat elke man moet weet om goed versorg te lyk: Hou jou naels kort, hou jou hare en snor/baard netjies, en maak seker dat jy altyd lekker ruik.

Persoonlik verkies ek Versace Eros. Dit is ’n manlike geur, maar het ook ’n vars, effe soet ondertoon.

Hier’s paar mode-wenke

1. Die belangrikste is dat jou klere netjies pas. Ja, ek weet mans haat dit om klere aan te pas, maar dit help nie jy koop iets en dit sit nie reg nie.

FOTO Instagram/ @shaun.lyle

2.  ’n Donker denimbroek is jou beste maat. Dit pas by enigiets en jy kan met gemak baadjies en hemde daarby meng en pas.

FOTO Instagram/ @shaun.lyle

3.  Elke man moet ’n stylvolle donker pak hê wat netjies sit. As jy nie die regte snit vir jou liggaamsbou kry nie, laat maak een. (Spandeer die ekstra geld, dis ’n belegging vir baie jare.)

FOTO Instagram/ @shaun.lyle

4.   Hou dinge eenvoudig. ’n Tydlose wit of swart T-hemp by jou denimbroek sal altyd stylvol wees. Om die uitrusting interessant te maak kan jy ’n baadjie, jas en/of hemp daarby dra. 

FOTO Instagram/ @shaun.lyle

5.   Wil jy langer lyk? Wys bietjie enkels. 

FOTO Instagram/ @shaun.lyle