Jy trou vanjaar, die venue is gekies, die uitnodigings is gestuur en jou geliefde het haar droom-uitrusting gevind. En wat van jou? Ja, jou troupak is dalk nie die hoogste op daai prioriteitslysie nie, jy koop sommer ’n chino en trek ’n netjiese hemp aan, want die kollig val nie op jou nie.

Maar dis jou dag ook, én jy moet ook op jou beste lyk en voel. Boonop hoef ’n troupak nie vervelig te wees nie. 

Hier is 12 wenke wat jou sal help om daai pak te vind, en boonop raad hoe jy dit reg stileer. 

Maar eers inspirasie van bekendes:

John Legend, EGOT-wenner

FOTO’S Instagram / Modelinga

Brooks Laich, Kanadese sportster

FOTO'S Instagram / Brooks Laich

George Clooney, Oscar-wenner

FOTO’S Instagram / Modelinga

Hoe kies jy die perfekte troupak?

1. Ken jou liggaamsbou

Dis belangrik om te weet watter tipse liggaamsbou jy het, sodoende kan jy die regte snit kies wat jou bou sal komplementeer. As jy onseker is, vra een van die winkel se assistente.

11 Wenke: Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

2. Swart of donkerblou is wenners

Albei kleure is goeie opsies, dit is tydloos, elegant en treffend. Boonop pas dit by almal!

Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

3. Maak seker die baadjie sit reg oor jou skouers

Dis belangrik om ’n pak of selfs ’n baadjie te kies wat die regte grootte vir jou skouers is. Indien jy verkeerd kies, kan jy groot, bonkig en onnet lyk.

11 Wenke: Kies so die regte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

4. Jou baadjie se moue moet net bo jou gewrigte eindig

Jy sal verbaas wees, maar hierdie wenk rond jou uitrusting mooi af. 

11 Wenke: Kies so die regte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

5. Jou das moet altyd donkerder as jou hemp wees.

ONTHOU: Die das, of selfs strikdas, is een van jou bykomstighede. Dit moet altyd uitstaan, al trek jy jou baadjie uit.

11 Wenke: Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menswithclass

6. Jou keuse van horlosie hang als af van jou pak se kleur

Hoe ligter jou pak, hoe ligter jou horlosie. Jou horlosie moet stylvol en klassiek wees – los dus jou Apple Watch en Fitbit by die huis!

11 Wenke: Kies so die perfekte pak
FOTO Instagram/ menwithclass

7. Moenie jou das se punt vergeet!

Maak seker die das se punt (die driehoekie) hang perfek op jou belt – dis die regte lengte.

11 Wenke: Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

8. En daai belt?

Kies ook ’n dun(ner) belt, ’n breë belt kan jou uitrusting oorheers.

11 Wenke: Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

9. En as jy kruisbande dra?

Dan dra jy nie ’n belt nie. Kies een van die twee, maar nie albei nie.

11 Wenke: Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

10. Swart en donkerblou sokkies

Dra altyd hierdie kleure, dis jou beste opsies en lyk altyd elegant. Lus vir waag? Sokkies met gekleurde patrone is hoogmode, mits dit stylvol is. 

11 Wenke: Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

11. Jou belt en skoene moet altyd dieselfde kleur wees

Klem op móét! Dit vorm ’n duidelike prentjie, anders kan jy slordig voorkom.

12 Wenke: Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass

12. Die baadjie se knope

As jy staan, maak seker net jou boonste baadjieknoop is vas. Sodra jy gaan sit, moet al die knope los wees.

11 Wenke: Kies so die perfekte troupak
FOTO Instagram/ menwithclass