Toe die Oostenrykse immigrant Joseph Stern in 1896 die eerste Sterns-winkel geopen het, was dit met die volgende kernwaarde: om pragtige juweliersware te skep met ’n kombinasie van vakmanskap en die gebruik van net die beste stene.

Dis 122 jaar later en dié waardes word steeds met trots deur Sterns nagestreef.

Sterns wil deel in die vreugde van al die spesiale oomblikke in jou lewe. Op soek na ’n unieke verjaardaggeskenk vir ’n vriendin, ’n tydlose verloofring, of ’n kosbare erfstuk vir ’n dogter? Sterns sal aan al jou verwagtinge voldoen.

Sterns maak dit vir jou moontlik om daardie spesiale geskenk vir die spesiale vrou in jou lewe te gee en herinneringe en bande te skep wat ’n leeftyd sal hou.

Kredietgeriewe beskikbaar.

WEN!

Wen ’n Precious Pink-diamantringstel met ’n morganietsteen en ’n Tempo-horlosie met ’n diamant in die wyster.
Ring vir hom en haar: R10 498
Horlosie: R1 799

Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir die prys is om jou besonderhede onder in te vul en vir ons te stuur. 

Kompetisie sluit 27 Augustus

#Sharethejoy

Besoek www.sterns.co.za vir meer inligting