Die afgelope maand werk mense wêreldwyd van die huis af. Skype-vergaderings word aangepak met netjiese baadjies en grimering sorgvuldig gedoen, maar onder die lessenaar skuil ’n paar pajamabroeke. 

Selfs bekendes soos Sophie Turner en Mindy Kalling het al formele klere met gemaklike sweetpak broeke gekombineer:

Mindy Kaling
FOTO Instagram / Mindy Kaling / @MindyKaling
Die aktrise Sophie Turner wys haar sweetbakbroek i
Die aktrise Sophie Turner wys haar sweetbakbroek in 'n onderhoud met Conan O'Brien

Die voordeel van by die huis werk is dat jy nie jou gewone kantoordrag hoef aan te trek nie. Weg van die Skype-skerms en aanlyn vergaderings kan jy nou jou klerekas oop gooi en dié onprofessionele items na hartelus dra.

Hier is die klere-items waaroor SARIE se mode-assistent en stillis juig: 

Stukkende jeans

Ons almal het daardie paar jeans wat jy nie na die werk of ’nf amilie-geleentheid kan aantrek nie. Wél dis nou die perfekte tyd om die jeans uit te ruk uit die kas uit. Jeans en T-hemp is immers ’n klassieke kombinasie!

FOTO Olivia Palermo (Instagram)
FOTO Olivia Palermo (Instagram)

FOTO Olivia Palermo (Instagram)

Mini-rok

Nés tydens skooldae word ’n mini-rok en romp dikwels as onprofessioneel beskou, of selfs by die werkplek verbied. By die huis kan jou romp en rok enige lengte wees.

Julie Sergent Ferreri
FOTO Julie Sergent Ferreri (Instagram)

FOTO Julie Sergent Ferreri (Instagram)

Sweetpakbroek

Alhoewel ’n sweetpakbroek reeds ’n groot tendens op die modeplanke is, gaan dit wel vir meeste mense nie werk as werksdrag nie. Nou kan jy jou sweetpakbroek met trots dra, en uiteindelik ’n plan beraam oor hoe jy hom saam met meer formele items kan kombineer. 

FOTO Kim Kardashian (Instagram)
FOTO Kim Kardashian (Instagram)

FOTO Kim Kardashian (Instagram)

'Crop tops'

Onthou jy toe 'crop tops' hoogmode was? Nou kan jy dié ongemaklike toppies in die gemak van jou huis dra. Hou net ’n baadjie byderhand vir wanneer jy onverwags ’n vergadering moet bywoon op Skype, Zoom, Hangouts ... 

FOTO Street Style Paris (Instagram)
FOTO Street Style Paris (Instagram)

FOTO Street Style Paris (Instagram)

Kortbroek

Kortbroeke word toenemend aanvaarbaar by werksplekke waar daar gewoonlik streng dragskodes geld. Veral as jy kyk na die netjies pakke wat deesdae saam met ’n kortbroek gemaak word. Daai Hang Ten-jeanbroekie van jou kan egter nou sy oomblik in die kollig kry, hy wag al in jou kas se skaduwee vanaf 2008.

FOTO Olivia Culpo (Instagram)
FOTO Olivia Culpo (Instagram)

FOTO Olivia Culpo (Instagram)

Só wat is jou uitrusting môre? Dra dit met trots en deel dit met ons!