As 2020 een positiewe ding opgelewer het was dit die (her)verskyning van die polkakol. Ja, die tendens is vollop vir die opkomende somer. 

Persoonlik verkies ek ’n kledingstuk met groot kolle. Nie net maak dit ’n stelling nie, maar jy spot dit sommer van ver af. Teen die tyd weet julle hoe voel ek oor ou modereëls ... (Kug) Onnodig. Ongelukkig het die nederige polkakol ook ’n lastige reël: Jy kan dit net vir informele geleenthede dra. Twak man! Dis bog, net soos wat jy kamstig nie pienk en rooi mag saamdra nie. 

FOTO Instagram / @oliviapalermo
FOTO Instagram / @oliviapalermo

Polkakolle, veral vol groot kolle, is baie vleiend en geskik vir enige geleentheid. Moenie onnodig reëls volg nie, mode is juis ’n manier om jouself uit te druk. Daar is egter ’n tyd en plek om sekere lengtes te dra. My gunsteling lengte ’n is defintief ‘n midi. Dit werk vir beide kort en lang vroue.

Wil jy nog langer lyk? Stileer jou midi saam met nude skoene of selfs punt skoene. Maar wie kan nee sê vir ’n stylvolle en gemaklike tekkie? Ja, jy kan dit saam met jou rok aantrek.

Terug na polkakolle! Hoekom is ek so ’n aanhanger van polkakolle? Dis nie net ’n vrolike patroon nie, dis ook ’n patroon wat jy maklik met ander patrone en motiewe kan kombineer soos luiperd, blomme en selfs strepe. Die geheim? Stileer dit net slim. 

In SARIE se September-uitgawe het die SARIE-modespan vir Jonadrie Van Aardt, SARIE se eerste wenner van Nuwe Gesig, in ’n polkakol-rok, tekkies en denimbaadjie stileer.

FOTOGRAAF: Willem Botha
FOTOGRAAF: Willem Botha

In dieselfde uitgawe dra die model Charissa Snyman van Boss Models dieselfde H&M-rok met pienk hakskoene en ’n naaswit handsak van Witchery, asook ’n mini-skouersak van Colette Hayman by Foschini.

FOTOGRAAF: Niquita Bento by Supernova
FOTOGRAAF: Niquita Bento by Supernova


Magdel se drie uitrusting-idees

Die rok is perfek vir formeel, semi-formeel, informeel, ’n troue, ’n kombuistee en selfs ’n baba-tee. Jy kan dit werk toe dra of selfs op ’n afspraak saam met ’n geliefde. Die veeldoelige item kos net R329!

Uitrusting 1: Formeel

Die geleentheid kan ’n enige formele geleentheid soos ’n troue wees.

Koop die uitrusting:

H&M rok R329

Hakskoene, Christian Laboutin, NET-A-PORTER.com

Leerbaadjie, Mango

Hoed, Lack of Color

Halsnoer, Zara

Middelsak, Zara

Skouersak, Steve Madden

Ring, Swarovski

Uitrusting 2: Informeel

Dié uitrusting is perfek vir ’n babatee, kombuistee of selfs ’n koffie-afspraak. 

Koop die uitrusting:

Skoene, Zara

Serp, Burberry by Net-A-Porter

Sonbril, Dolce&Gabbana by Sunglass Hut

Oorbelle, Lovisa

Skouersak, Aldo

Ring, Swarovski

WENK: Bind die serp om jou middel vir 'n moderne voorkoms

Uitrusting 3: Semi-formeel

Hierdie uitrusting is perfek vir werk.

Koop die uitrusting:

Hemp, Country Road

Hndsak, Zara

Hakskoene, Poetry

Ringe, Aldo

Brooch, Gucci by Net-A-Porter.com

Brilraam, Gucci by SSENSE