Talle mense werk van die huis af, dikwels word jou dag met aanlyn vergarderings gevul. Gelukkig hoef jy net mooi te lyk van kop tot bolyf. Ja, party van ons sit alte lekker in daai pajamabroek met die voete gemaklik in pantoffels.

Volgens CNN Business het Wallmart gedurende Covid-19 ’n toename in die verkope van bloese, hemde en tops gesien. Die aanvraag na broeke het gedaal.

Hier is ’n paar opsies wat jy gerus kan aanskaf of afstof. Dis nie net ideaal vir die tyd van inperking nie, maar ook vir vorentoe.

Hemde

Hemde is altyd ’n treffer en lyk professioneel.


Ligblou hemde is nou ’n groot tendens. Stileer dit só:

Hemp
Blouhemp

Blou hemp, Mango 

Tweedbaadjie, Zara

Afskouer- gebreide top, Witchery by Woolworths

Gebreide top, Zara

Trui, Mr Price/mrp.com


Bloes

Dis vroulik en stylvol.

Hier is ’n paar opsies vir jou:

Bloese
Bloese

Wit bloes, Zara

Afskouer-bloes, Country Road by Woolworths

Polkakol-bloes, Mango

Roospienk bloes, Mr Price/mrp.com

Moulose rolnektop, Zara

Baadjie en T-hemp

Hierdie is die perfekte uitrusting vir enige vergadering. Kikker dit op met juwele om ’n meer formele gevoel te skep.

Hier is ’n paar opsies:

Baadjie en T-hemp
Baadjie en T-hemp


Swart tweedbaadjie, Zara

Wit T-hemp, Mango

Ruitpatroon-baadjie, Mr Price/mrp.com

Geel T-hemp, Mango

Swart baadjie, Witchery by Woolworths

T-hemp, Mango

Bruin baadjie, Witchery by Woolworths

Grys T-hemp, Zara