Om ’n masker te dra is reeds nie ’n gemaklike affêre nie. Jy kry nie die regte grootte nie, jou ore pyn naderhand, jy sukkel om asem te haal en jy voel skoon van balans af.

Ongelukkig is dit ’n moet, nie net is dit die nuwe normaal nie, dis ook vir ons eie veiligheid. Hoe gemaak as jy ’n bril dra? O, jou arme ore!

Danksy die kuberruim is daar gelukkig nou ’n oplossing. Al wat jy benodig is ’n pons, ’n A4-grootte PVC-vel (binding cover) en jou bril.

Wil jy jou eie gewone masker wil maak? Ons wys jou hoe - klik hier

Só maak jy jou eie masker vir ’n bril

Stap 1: Plaas die A4-plastiekvel horisontaal en pons twee gate weerskante.

Stap 2: Druk jou bril se “ore” deur die gate en daar het jy ’n maklike masker-oplossing!

Kyk die video vir meer duidelikheid:

ONTHOU: Gebruik jou eie oordeel en kundigheid, wees veilig en verantwoordelik.