Die SARIE-modespan het reeds slim wenke gedeel hoe om jou klerekas uit te sorteer, lees hier. Nou deel SARIE se eie DIY-boffin Liesel Pienaar vyf items wat jy opnuut kan mooimaak vir die winter.

Liesel Pienaar, SARIE-kantoorbestuurder en Kuberkuier-samesteller, kikker gereeld haar klere op kreatiewe maniere op. Sy deel vyf met ons.

Watter van die items gaan jy eerste aanpak?

Nuwe items in ’n japtrap

1. Baret

’n Baret is altyd prettig en chic, maar soms het dit ’n bietjie woema nodig.

Liesel se voilà-wenk: Werk kleurvolle en interresante knope op jou beret, moet veral nie die blink knope vergeet nie.

2. Sneakers

Ou materiaal-sneakers?

Liesel se voilà-wenk: Trap die winter in met geverfde tekkies.  Trek die verfkwas nader en verf jou sneakers met materiaalverf en leef jou kreatiwiteit opnuut uit. 

3. Onderbaadjie

Daai nederige onderbaadjie kan nog ’n winter gedra word, maar kort ekstra oemf.

Liesel se voilà-wenk: Versier jou onderbaadjie met borsspelde waarvan jy vergeet het. ’n Kombinasie van groot borsspelde en klein borsspelde sal ’n interresante prentjie maak.

4. Ou trui

’n Trui wat smeek vir broodnodige TLC?

Liesel se voilà-wenk: Werk wollerige pompoms aan.

 

5. Wit hemp of bloes

’n Wit hemp bly altyd ’n staatmaker, maar kikker dit op. 

Liesel se voilà-wenk: As jy los krale of selfs vals pêrels het, wat net stof gaar werk dit aan jou hemp se kraag vas.