Ons is nie almal geseën met Nicole Kidman se lang bene nie … dus het die SARIE-modespan ’n lys gemaak van items wat jy liewer moet vermy as jy kort is. Maar saam met dit gee ons ook alternatiewe wat jou ’n paar sentimeters langer kan laat lyk!

MOENIE: skoene met enkelbandjies

Dit “sny” jou bene in twee en laat dit korter vertoon.


√ MOET: nude (vleeskleur) punthakskoene

Dit laat jou ’n hele paar sentimeters langer lyk!

#classic via @world_fashion_styles ?? ; ?? @shortstoriesandskirts ?? ___For Shopping Link in Bio ___ ? ?

A post shared by Manhattan Fashion Styles (@manhattan_fashion_styles) on


MOENIE: oorgroot rok

Dit laat dit lyk asof jy “verdrink” in jou eie klere.


√ MOET: oorvou-rok

Dit volg die lyne van jou kurwes, wat jou slanker (en dus ook langer!) laat lyk.


MOENIE: plat enkelstewels

Dit “steel” sentimeters by jou enkels.


 MOET: enkelstewels met ’n hak

Veral die “sokkie-stewels” wat jou enkels beklemtoon, laat jou langer lyk.


MOENIE: oorgroot items van kop tot tone

Weer eens lyk dit asof jy in jou eie klere verdrink.


√ MOET: net een oorgroot item

Bv. ’n oorgroot hemp by stywe jeans.


MOENIE: jeans wat op jou heupe sit


√ MOET: jeans wat tot jou middellyf kom

Dit laat jou bene soveel langer lyk.