Bo 40? Ons almal ken die reëls: "Jy mag nie moulose uitrustings dra nie", "gooi weg daai bikini-swembroek", en "vermy hakskoene". Langbroeke, lang moue en tops wat tot bo toeknoop, is jou voorland. Wat op dees aarde? Ons weet nie wie dié reëls uit hul duim gesuig het nie, maar dis bog. Of jy 40, 50, 60, 70 of selfs 90 is, ouderdom is net ’n syfer!

Nie almal van ons steur ons aan die reëls nie. En bekendes soos Viola Davis, Jennifer Lopez, Kris Jenner, Cameron Diaz, Cate Blanchett, Michelle Pfeiffer, Jane Fonda, Jennifer Aniston, Penélope Cruz en Tracee Ellis Ross nog minder.

FOTO’S Getty Images/ Gallo Images
FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Nie seker nie? Hier is sewe reëls wat jy summier kan breek.

1. Jy mag nie been wys nie

As jy met mooi bene geseën is, hoekom dit wil wegsteek? Ons sê nie jy moet daai kortbroek dra waar alles onder uitsteek nie. Dink aan die midi-rok, wat deesdae hoogmode is, en dra dit saam met hakke en ’n belt.

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Instagram / Sofia Vergara
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images
 
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

2. Jy moet hakskoene vermy

Ja, nie alle vroue hou van hoë hakke nie en verkies plat skoene vir gemak. Maar as jy van hakskoene hou, dra dit! Slim kopies is hakskoene met blokhakke, wat die gemaklikste is en ook in modieuse hoë style kom. 

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

3. Jy mag nie daai leerbaadjie dra nie

Bog. Dis ’n klassieke item wat saam met vele uitrustings gestileer kan word. Kies ’n eenvoudiger styl en maak seker dis in ’n neutrale kleur soos swart of bruin. Vermy baadjies met logo’s of baie detail op.

 
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
 
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
 
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

4. Jy mag nie moulose items dra nie

Daar is soveel moulose items wat modieus en elegant is. Februarie is om die draai - moenie sit en warm kry nie! 

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

5. Jy mag nie geskeurde jeans dra nie

En hoekom nie? Ons sê nie jy moet soos Kim Kardashian ’n broek dra wat heeltemal geskeur is nie. Maar geskeurde jeans gee ’n moderne gevoel aan jou uitrusting.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

6. Jy mag nie oopskouer-items dra nie

Jou skouers is die laaste plek wat oud word, lê dus klem daarop.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

7. Vergeet van daai bikini

As jy goed voel daarin, dra jou bikini-baaibroek. Jy kry deesdae ook die mooiste items om bo-oor te dra.

FOTO Instagram / Jennifer Lopez
FOTO Instagram / Halle Berry

FOTO Instagram / Sofia Vergara

Verbreek die reëls onmiddellik en dra wat jóú gelukkig maak.