Elke jaar nooi die kettingwinkel H&M ’n bekende modehuis of ontwerper om spesiaal vir hulle uitrustings te ontwerp. Die resultaat? Die mooiste items teen (meer) bekostigbare pryse. Vanjaar is dit die Italiaanse ontwerper Giambattista Valli se beurt.

Modeliefhebbers kan vanaf Donderdagoggend in die ry staan by H&M in die V&A Waterfront en Sandton om hul ontwerpersitem op te raap. 

Een van die ster-items is ’n bloedrooi rok wat model en realiteitster Kendall Jenner by ’n modevertoning gedra het. Dit het omtrent die asems weggeslaan. 

Die reeks is luuks, vol kant, maasstof en valle - iets waarvoor die ontwerper bekend is. Dis beslis feestelik en romanties, net reg vir hierdie tyd van die jaar!

Kendall in Giambattista Valli X H&M
Kendall in Giambattista Valli X H&M

Op die modeblaaie van SARIE se November 2019-uitgawe verskyn model Michaela VZ van die FANJAM-modelagentskap in een van die Valli x H&M-rokke. 

SARIE November uitgawe / Fotograaf: Glen Montgomer
SARIE November uitgawe / Fotograaf: Glen Montgomery by Supernova

Giambattista is ’n bekende op die rooi tapyt. Bekendes soos Lily Collins, Emma Roberts, Wendy Yu, Serena Williams en Hailey Stainfeld word gereeld gesien in sy skeppings.

FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis
FOTO Instagram @giambattistavalliparis

Hier volg van ons gunsteling-items in die Valli X H&M-reeks:

Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M
Giambattista Valli X H&M